Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Anatomieles" deur LUCAS MALAN
"Anatomieles" deur LUCAS MALAN [boodskap #20636] Wo., 03 Februarie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2162
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Anatomieles
Lucas Malan
("n Bark vir die ontheemdes" 1981)

Hier staan die mens; aanskou hom,
kyk hoe fyn die weefsel vou en plooi
in sening en kontoer van spier
en diep orgaan wat kwesbaar klop;

die soet verdubbeling van lob
en ledemaat - let op hoe skoon
maar taanbaar is die mond en oog;
alles welgevoeg en tóg begrens
deur dubbelmaat van hand en toon
en taai geheg aan breekbaarheid
die vertikale, bros geraamte

- dan, volmaak voltooi en afgerond,
die wilde soetvrug van verbasing:
ontoerekenbaar, sentraal, die skaamte.
Vorige onderwerp: Uit "Die dye trek die dye aan"
Volgende onderwerp: "Jong dogtertjie" deur LINA SPIES
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 00:37:36 UTC 2025